February 2007 - Posts

Deel van Mbeki se veldtog teen misdaad is om die polisiemag te vergroot na 183 000 lede toe (tans 155 000).

Dit werk uit op sowat 3,8 (tans 3,27) polisiemanne vir elke 1000 inwoners (my berekeninge). Dit behoort voldoende te wees om die situasie drasties te verander as 'n mens in ag neem dat die apartheidstaat met minder as die helfte klaar gekom het.

 "The government had invested large financial resources in the arms industry and a costly war in Angola, but left the police force understaffed, under-resourced, and poorly paid. In 1986, General Johan Coetzee, the Police Commissioner, complained that the force was suffering from its ratio of only 1,7 policemen and policewomen per thousand of the population, far below even stable, developed countries...In 1987 the government announced that it would increase the number of policemen from 56 000 to 87 000, or 2,2 per thousand of the population." [Giliomee: The Afrikaners, Tafelberg, 2003, p624]

"For a repressive system, apartheid South Africa was a remarkably under-policed state. In 1984 it was reported that there were only 1,4 policemen per thousand of the population, compared with roughly 2,4 in the United Kingdom, 4,4 in Ulster, 5,7 in Algeria and 16 in the Soviet Union. So too, the number of political dissidents suffering persecution was small for a country whose population by 1970 stood at 22 500 000. Almost a thousand people had been banned since 1950, 350 of these banning orders were still in force by 1970. In 1970 some 800 South Africans were serving prison sentences for contravention of the security laws. Hundreds had left the country on exit permits, while many had had their passports withdrawn or refused.

South Africa's military spending remained low until the early 1980's when it spent 13 % of the total budget on military expenditure, compared to Zimbabwe's 17%, Israel's 25% and Taiwan's 26%...."[op cit, p551]

Die huidige regering het natuurlik nog ook die hulp van die veiligheidsmaatskappye (wat nie aldag so gewild is in regeringskringe nie maar nogtans goed genoeg is om polisiestasies op te pas en die land leefbaar te hou).

Die omvang van die veiligheidsbedryf is massief met 283 000 geregistreerde wagte, 4200 geregistreerde besighede en 'n omset van R14 biljoen (meer as die polisiebegroting in 1994). Let daarop dat daar  omtrent twee sekuriteitswagte is vir elke polisieman.

 Die vraag is natuurlik hoe effektief die polisiemag is, want met 'n skaar ongeletterdes wat moet kommunikeer in tale wat hulle nie magtig is nie, waar 'n kwart nog boonop kriminele rekords het, waar hulle vrot van die vigs is en waar forensiese dienste beswaarlik bestaan, kan 'n mens maar net jou hande wring en bid. Die getalle is daar maar of hulle die situasie onder beheer sal kan kry, moet 'n mens nog sien.

Ek kon nie help om te lag toe ek die eerste keer op dié skakel afkom nie. Dit keer die tradisionele waarheid so op sy rug!

Tog seker baie waarheid hierin ook. Miskien is dit waarom ons so sukkel om by hoër groeikoerse uit te kom. Ek dink dit is ook ongetwyfeld so dat misdaad buitelandse beleggings hier rem.

Namibië illustreer die mistasting dat armoede 'n primêre rol speel in misdaadveroorsaking baie goed.

So is BBP per Capita $2,686.36 (Suid-Afrika sowat $4,798.33 per capita )

 

Hul moordsyfer is 5 per 100 000 (Suid Afrika is sowat 39,5 volgens amptelike statistiek).

Terwyl SA dus amper twee keer meer welvarend as Namibië is, is die moordsyfer in Namibië 8 keer laer.

Namibië het ook Tuislande gehad en was ook deel van die Apartheidstaat.

Miskien het die graad van verstedeliking iets met die verskille te doen en kan 'n mens argumenteer dat misdaad syfers hoër neig in 'n land waar verstedeliking 'n relatiewe nuwe verskynsel is. Aan die ander kant het Swaziland 'n moordsyfer van 80 per 100 000 met 'n BBP van $2,120.39 per capita.

 

 

Ons weet almal dinge was soveel beter onder apartheid maar dit is nogtans gerusstellend om syfers te hê wat dit aantoon. Kyk 'n bietjie na die volgende moordsyfers:

Jaar 1976-1977 (Kindermoord en Transkei uitgesluit)

Raskomponent      Aantal moorde     Moordenaars per  100 000                                                                  van eie bevolkingsgroep

Wit deur Wit               136                              6,03

Wit deur Swart              96                              0,48

Swart deur Swart       7122                             36,11

Swart deur Wit            124                               2,87

                       -----------------------------------------------------------

Totaal                        7478                             31,11

[Jaarlikse Verslag van die Kommissaris van die SA Polisie 1976-1977]

 

Dit is betekenisvol hoe laag die moordsyfers oor die rasgrense heen was. Was apartheid nie miskien 'n goeie stelsel nie? Angel

Dit sal interessant wees om te weet wat die statistiek tans is, maar sover ek weet word rasgebaseerde syfers nie meer bekend gemaak nie (dis net waar die blankes benadeel kan word dat rasstatistiek versamel word). Ons is gelukkig as die regering in hul wysheid hul enigsins verwerdig om enige syfers hoegenaamd bekend te maak.

Ons getal moorde is tans sowat 39,5 per 100 000 mense (ons het die afgelope 6 jaar al gaan draai by 47/100 000 - VSA 4,2/100 000!). So die syfers vir swartes was ook onder apartheid minder as wat dit tans is.

Ongelukkig was selfs in die sewentigs nie alles maanskyn en rose nie, want  blankes het  die meeste gely  onder huis-inbrake [Midgley,Steyn & Graser: Crime and Punishment in South Africa, McGraw-Hill, 1975, p12] . Regstellende aksie kom 'n lang pad.

Vroue maak 2,2% uit van die tronkbevolking van SA. Vir die VSA is dit 8,5%.

http://www.nationmaster.com/graph/cri_pri_fem-crime-prisoners-female&int=-1

 

Die vraag is dus: As armoede so 'n groot faktor in misdaadveroorsaking is, waarom is vroue skynbaar bestand daarteen? Is dit net mans wat ly onder armoede? Het dit iets met hormone te doen?

 

Dit word allerweë aanvaar dat armoede die oorsaak van misdaad is.

Vir 'n onlangse voorbeeld sien bv hier:

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=qw1170694621625B265

Terwyl 'n mens nie wil ontken dat armoede moontlik 'n rol by sommige misdade speel nie, is die stelling hopeloos te wyd. So is verkeersoortredings ook 'n misdaad maar is die verband met armoede bra oop vir bevraagtekening.

Daar is verder die volgende oorwegings:

(a) Seker die oorgrote meerderheid van arm mense is meerendeels wetsgehoorsaam. Waarom is alle arm mense dan nie misdadigers nie?

(b) Die sogenaamde kleurlingbevolking se misdaadsyfers is asemrowend. Hulle vorm egter nie die armste deel van ons bevolking nie. 'n Mens kan ook meld dat die Indiërs se misdaadsyfers weer baie laer is as hul  proporsionele verteenwoordiging in die bevolking.

(c) Dit hang af van watter soort misdaad 'n mens praat. Belasting-ontduiking vind waarskynlik hoofsaaklik by rykes plaas.

(d) Dit is moeilik om sogenaamde crimes of passion te beperk tot armes.

(e) Daar is arm lande waar die misdaadsyfers baie laer is as in ryker lande.

(f) Die lande in die Ooste se misdaadsyfers neig om laag te wees ten spyte van hul armoede.

(g) Is dit logies om geweldsmisdade (soos verkragting, kindermishandeling, bankrowe en geweldadige aanvalle waar die buit 'n miniskule waarde het) voor die deur van armoede te lê? Inderdaad, is dit hoofsaaklik arm mense wat moor?

 

Is daar werklik nog iets wat oor misdaad in SA gesê kan word wat nie al tot vervelens toe gesê is nie?

Ek dink wel so. Ek dink veral dat die teoretiese aspekte verwaardeloos word en deur mites en propaganda verwring word. 'n Poging word hier aangewend om 'n bietjie dieper te delwe sonder om die meer sensasionele aspekte mis te kyk. In die proses hoop ek ook om die meeste skakels te versamel wat 'n blik op hierdie opwindende tydsvak in SA se geskiedenis bied (leef ons nie miskien in die laaste dae nie?)