April 2007 - Posts
Bedoel as 'n bietjie ligte (ligter?) vermaak. So moet nie jou kop hieroor breek nie. In die lig van hedendaagse teorieë oor tyd tog ook nie heeltemal sonder substansie nie...
Alice through the looking glass by Lewis Carroll
"....
`I don't understand you,' said Alice. `It's dreadfully confusing!'
`That's the effect of living backwards,' the Queen said kindly:
`it always makes one a little giddy at first --
`Living backwards!' Alice repeated in great astonishment. `I never heard of such a thing!'
` -- but there's one great advantage in it, that one's memory works both ways.'
`I'm sure MINE only works one way.' Alice remarked. `I can't remember things before they happen.'
`It's a poor sort of memory that only works backwards,' the Queen remarked.
`What sort of things do YOU remember best?' Alice ventured to ask.
`Oh, things that happened the week after next,' the Queen replied in a careless tone. `For instance, now,' she went on, sticking a large piece of plaster [band-aid] on her finger as she spoke, `there's the King's Messenger. He's in prison now, being punished: and the trial doesn't even begin till next Wednesday: and of course the crime comes last of all.'
`Suppose he never commits the crime?' said Alice.
`That would be all the better wouldn't it?' the Queen said, as she bound the plaster round her finger with a bit of ribbon.
Alice felt there was no denying THAT. `Of course it would be all the better,' she said: `but it wouldn't be all the better his being punished.'
`You're wrong THERE, at any rate,' said the Queen: `were YOU ever punished?'
`Only for faults,' said Alice.
`And you were all the better for it, I know!' the Queen said triumphantly.
`Yes, but then I HAD done the things I was punished for,' said Alice: `that makes all the difference.'
`But if you HADN'T done them,' the Queen said, `that would have been better still; better, and better, and better!' Her voice went higher with each `better,' till it got quite to a squeak at last.
..."

Beide Eysenck en Merton se misdaadteorieë kan op verskeie gronde gekritiseer word. Die vraag ontstaan egter of party van die besware nie bygelê kan word deur die twee te konsolideer nie?
As 'n mens na Merton se oogmerk-en-middele teorie kyk dan val dit op dat geen oorweging geskenk word aan die potensiële weerbaarheid van die bevolking wat blootgestel word aan groot versoekings nie. Ek noem die prikkels tot misdaad wat hy omskryf die versoeking, want wat is die spanning tussen die begeerlike en die onhaalbare tog anders? Dit is niks anders as wat ons in alledaagse taal die versoeking sou noem nie. As ek reik na groot ideale wat so by my spook dat ek ongeoorloofde maniere oorweeg om dit te probeer bereik, dan is dit tog 'n versoeking.
My weerbaarheid om daardie versoeking die hoof te bied, hang af van my geestesingesteldheid teenoor die ongeoorloofde aanwending van middele om die doel te bereik.
Hier kom Eysenck se teorie dat 'n mens gekondisioneer word om anti-sosiale gedrag te vermy, dat 'n robuuste geestesingesteldheid die versoeking se nek omdraai, natuurliksgewys ter sprake. Waarom swig nie almal voor die versoeking nie? Eenvoudig (aldus Eysenck) omdat die meerderheid gekondisioneer is om sodanige versoeking te weerstaan.
In hierdie verband is dit belangrik om te verstaan dat Eysenck se kondisionering op 'n ander vlak as die gewone rasionele leerproses plaasvind. Ons gewete (volgens hom) word gevorm op 'n vlak wat anders is as daardie vlak waar ons bv leer om met 'n mes en vurk te eet of om te lees of te skryf. Ons gewete- kondisionering word 'n instinktiewe deel van ons optrede wanneer anti-sosiale gedrag ter sprake kom. Ons word so gekondisioneer dat 'n skuldige gewete ons emosies in hoogste rat sit as ons anti-sosiale gedrag bedryf. Die wete dat gedrag verkeerd is vind dus nie bloot op suiwer 'n rasionele vlak plaas nie. Ons sweet, slaap sleg, om maar enkele voorbeelde te noem van die gewete wat ons ry.
Na my mening vul die twee teorieë mekaar dus goed aan. Merton s'n toon aan dat misdaad toeneem as die versoeking toeneem en wettige maniere om die versoeking te temper, ontbreek. Eysenck s'n wys weer daarop dat ons vermoë om versoekings te weerstaan afhang van effektiewe kondisonering van ons gewete.
Eysenck aanvaar oënskynlik (vir die doeleindes van sy teorie) dat die versoeking hoofsaaklik staties bly. Inderdaad glo hy dat die versoeking oor die jare in die Weste afgeneem het (beter behuising, sosiale omstandighede). Hy bemoei hom dus nie met die vraag wat gebeur as die versoeking sou toeneem nie.
Aan die ander kant postuleer Merton dat misdaad wel toeneem as die versoeking toeneem, as die samelewing mense met verwagtinge opsaal wat nie bereik kan word onder die omstandighede waaronder hulle leef nie. Misdaad in Amerika verklaar hy op hierdie basis. Alhoewel hy 'n materialistiese kleur aan sy verduideliking gee, is daar egter geen rede waarom die spanning tussen ideale en middele noodwendig hierdie vorm moet aanneem nie. So kan die spanning tussen meer liberale seksuele patrone en die vernietiging van tradisionele paringsrituele moontlik ook gebruik word om 'n toename in verkragting te verklaar.
Ek kan geen rede sien waarom ons nie 'n formulering van die twee gedagterigtings kan hê wat lei tot 'n wederwydse aanvulling nie. Dit sal basies 'n denkrigting in die volgende terme behels.
Eerstens aanvaar ons dat die gemeenskap mense met 'n basiese weerstand teen versoeking toerus. Die weerstand kan wissel van persoon tot persoon (soos Eysenck verduidelik) en selfs oor tyd in die gemeenskap as 'n geheel afneem soos die samelewing eksperimenteer met vryheid en meer liberale gedagterigtings. Indien anti-sosiale gedrag sou toeneem kan die kondisionering doelbewus verhoog word. Individue kan ook in ooreenstemming met Eysenck se metodes teen anti-sosiale gedrag behandel word.
Aan die ander kant, sê Merton, kom anti-sosiale gedrag voor indien die oogmerke wat aan die samelewing voorgehou word as haalbaar en onontbeerlik, in werklikheid gefnuik word deur gebrekkige middele om daardie oogmerke te bereik. Sekere individue word deur die versoeking verlei om anti-sosiale gedrag te pleeg. Die versoeking kan groter word indien die doelpale versit (meer eksotiese ideale wat die samelewing voor ons neuse hou) of indien die middele wat tot ons beskikking is om die ideale te bereik weggevat word ('n verhoging bv in belastings wat ons lewenstandaarde inkrimp).
Hier word veronderstel dat hierdie verhoging in versoeking nie uitgekanselleer word op die kort termyn deur 'n gelyktydige verhoging in weerbaarheid teen versoeking nie. Die kondisionering skiet dus te kort om anti-sosiale gedrag vas te vat.
Op hierdie wyse skakel die twee teorieë bymekaar aan om 'n meer volledige blik te bied op wat misdaad veroorsaak. Die twee teorieë lê die wisselwerking bloot tussen die samelewing en individue se oogmerke en die meganismes wat die bereiking van daardie oogmerke beheer en inperk.
Daar kan selfs 'n naam vir hierdie gekonsolideerde teorie bedink word naamlik Merenck (Mer(ton) +(Eys)enck!) 
Terwyl Eysenck se misdaadteorie 'n individualistiese, sielkundige basis het, is die van Merton op 'n meer algemene sosiologiese vlak. Dit is 'n baie ou teorie wat teruggaan na 1938 (sy wortels lê eintlik nog verder terug). Dit is 'n hoogs aangeskrewe teorie in die wêreld van sosiologie.
As inleiding is dit miskien behulpsaam om te meld dat een van die sosiologie-vertakkinge die konsep sosiale wanorde ("social disorganization") as 'n wetenswaardige studieveld beskou vir die ontleding van misdaad.
Wat hier volg, kom uit die Midgley-boek pp24-29.
"The sociological revival brought about by social disorganization theorists led to further explorations of variations in the crime rate. Although these were not always interpreted in terms of sociological theories, it was found that crime rates varied not only with the geography of American cities but also with changes in the cultural, ethnic and social structural characteristics of populations or communities.
Social disorganization stimulated further, perhaps more successful, thinking about crime. In many ways it was the first of several sophisticated sociological approaches to the interpretation of crime and its importance as the first sociological alternative to psychologistic analysis cannot be under-emphasised. Through their examination of the fluctuations and variations of the crime rate, the sociologists of the 1930's demonstrated the inadequacy of psychological interpretations. Variations in crime trends between cities, towns and the countryside; between ethnic and cultural groups and between social classes cannot be explained solely in terms of personality or psychology. [Hierdie is waarskynlik 'n sydelingse hou na Eysenck]
An individualistic approach is severely limited in its ability to deal with differentials in the incidence of crime when factors of culture, scale and social structure are present. The need for a sociological criminology offering explanations in terms of a system of concepts best suited to deal with social reality at a higher level of generalization is obvious. Such a criminology, also referred to today as the sociology of deviant behaviour, has emerged. Among its chief exponents have been a number of sociologists who have suggested that the sociological structural configurations of Western, industrial-capitalist societies are largely responsible for much of the crime and other forms of deviant behaviour with which they are faced. These sociologists have attempted to demonstrate that differentials that exist in the incidence of crime between social classes of Western industrial nations are a product of the "strains" in the social structure of these societies. These interpretations have the advantage of being broad, macrocosmic and sociologistic. They have a comprehensive overview of society and of the pressures and social forces that create conditions conducive to criminality. Many of the non-sociological theories of crime that have been proposed are unsatisfactory because they are microcosmic and segmental and limited only to the interpretation of individual action.
One of the most successfully established sociological theories of crime is the structural interpretation proposed by the Columbian sociologist, Robert Merton. Merton drew much inspiration from the writings of the French founder sociologist, Emile Durkheim, who in a classic sociological analysis of suicide drew attention to a condition of normative disintegration which sometimes occurred in societies - a condition he called "anomie". In his writings Merton has employed both the concept of anomie and the conceptual frame outlined in Durkheim's work. His thesis is fundamental but profound.
In social situations, human behaviour is not reflexive or spontaneous. In social groups, human action is governed by a complex system of cultural norms and values internalized through the on-going experience of socialization, subtle interpersonal pressures and the formal agencies of social control. These normative definitions of behaviour are of two kinds. These are norms that define the ends or socially approved goals of human behaviour and those that define the accepted or institutionalized means for reaching these goals. This generalization holds true for social situations as disparate as bridge parties and political meetings. It applies also to the normative system of a society as a whole.
Merton applied this paradigm to an analysis of American society and suggested that in the United States goals are stressed at the expense of means. The overriding goal of American society is success. The emphasis is on achievement and upward mobility; on getting to the top, on realizing the American dream. While this success goal is prescribed for all members of American society irrespective of their position in the social structure, institutional means in the form of opportunities are not equally available to all. The resulting disjunction of goals and means represents an acute form of structural malintegration, the effects of which certain groups in the social structure experience more than others. Those at the lower end of the continuum are most disadvantaged for, being economically, educationally and socially deprived, their chances of realising the success goal are limited and restricted. How do the rural poor of America attain the goal of success on a meagre income? How do welfare recipients claim the means to wealth and material possession? There is more than sufficient evidence that the American dream remains a dream for a very significant number of Americans.
Those in the working classes are faced with a paradoxical situation. They are expected to be "successful" in material and monetary terms while opportunities for the realization of the success goal do not exist. One method of coping with this situation is to invent new, alternative means for the realization of the dominant success goal. If adherence to the prescriptions of institutionalised competitiveness does not result in the realization of socially defined goals, the solution to the problem may be found through the substitution of illegitimate and illegal means. The property offender is someone who seeks attainment of the goal of material success through engaging in financially rewarding acts that are illegal. The Mertonian explanation of crime thus suggests that structural factors in modern, industrial societies generate crime. Crime rates will occur differentially in the structure since structural strain is manifested in high crime rates among those located disadvantageously in the social structure."
[klem deur my bygevoeg]
Dr Andrea Hurst se bydrae tot die misdaaddebat op die afgelope KKNK word hier kortliks uiteengesit.
Ek wonder egter of filosofiese bespiegelinge enigsins 'n bydrae tot die probleem kan maak.
Ons het harde feite nodig.
Dan wonder 'n mens ook of haar uiteensetting van die "self" en die drie ringe hoegenaamd weerklank vind in enige konkrete navorsing in die verband. Sedert Jung en Freud se dwaallere is ek maar ligvoet vir dié tipe uiteensettings van wat in die brein aangaan.
Hierdie webwerf se nuwe gereedskap om sekere misdade en ekonomiese gegewens in kaartvorm te betrag is werklik 'n plesier.
Dit is vinnig en maklik om te gebruik. Jy kan as te ware moord en doodslag op jou eie voorstoep, veilig in die gemak van jou voorkamer, betrag. Tot die Gini-syfers vir elke area is beskikbaar.
Daar is 'n paar aspekte van die kaarte wat my soos 'n voorhamer getref het.
Ek was verstom om die omvang van misdaad in die afgeleë gebiede in die Wes-Kaap en Noord-Kaap te sien.
'n Mens verwag die ergste in die stedelike gebiede maar nie Sutherland, Beaufort-Wes, Hanover, Fraserburg en dies meer nie. Na my mening is die hoofrede vir hierdie toedrag van sake swak polisiëring - daar is net nie genoeg polisiestasies in hierdie uitgestrekte landelike gebiede nie.
Dit blyk ook dat die inkomste- en Gini-syfers vir hierdie gebiede nie van die swakste is nie. Daar word die armoede- en inkomsteverskille geweeklaag weer vir 'n ses geslaan.
Die apologete vir misdaad voer dikwels aan dat straf opsigself 'n geringe rol speel as afskrikmiddel by die pleging van misdaad. Hulle sê dat om mense van misdaad weg te stuur, is ander faktore belangriker. Die dikwels versluierde gedagterigting is omdat swaarder strawwe nie afskrik nie, dit onmenslik of barbaars is om swaar strawwe op te lê. Soos ek meer volledig aan die einde argumenteer is die afskrikwaarde van straf nie die enigste of selfs hoofoorweging by straf-oplegging nie. Swaar strawwe kan bv opgelê word met die vergeldingsoogmerk in gedagte. Maar laat ons eerste kyk na die bewering dat swaar strawwe nie afskrik nie.
So word prof Irma Labuschagne se mening bv in Die Burger van 7 April 2007 op p17 aangehaal:
"Sy het gesê [tydens Die Burger se reeks, Oop Gesprek, op die KKNK te Oudtshoorn] dit is nie 'n kwessie dat strawwe vir misdadigers strenger moet wees nie. Hulle moet net gereelder aangekeer word."
En ook:
"Me Gloudine van der Merwe het swaarder strawwe gevra.
Hierop het Labuschagne geantwoord daar is geen bewyse dat swaar strawwe misdadigers afskrik nie; wel die vrees dat hulle gevang sal word."
In die lig van die artikels en statistiek wat ek hieronder onder Verwysings aanhaal, vind ek hierdie houding verstommend.
As 'n mens na Eysenck se geskrifte kyk kom 'n soortgelyke houding na vore:
"As we have seen before, it is doubtful whether punishment acts as a very effective deterrent; certainly there is little evidence to show that the methods currently in use are very effective. Nevertheless, at least in theory, a good deal of the rationale behind punishment is based on this notion. These have been the aims and these have been the methods of penal punishment for the last two thousand years. Perhaps it would not be too impertinent to say that very little improvement has taken place during this time. Our methods are still as primitive and as unsuccessful as they were in the days of Socrates or in the days of the Roman Empire. What has gone wrong?" [p161 van Crime and Personality]
Eysenck se houding volg natuurlik heel logies op sy siening dat kondisionering bepalend is of 'n persoon misdaad sal pleeg of nie: Hierdie kondisionering (waar dit effektief is) het amper 'n onbewustelike afkeer van anti-sosiale gedrag tot gevolg. Inderdaad, volgens Eysenck, is dit eintlik meer logies (op die rasionele vlak) om misdaad te pleeg as om 'n mens te weerhou daarvan omdat die kanse dat jy daarmee kan wegkom so groot is. Dus: of daar aan 'n misdryf 'n straf gekoppel is, is juis nie ter sake nie want ons gewete is eintlik dit wat ons van die kwade weerhou en nie die vrees vir straf nie. Die gekondisioneerde deel van die brein wat die rem-invloed uitoefen funsioneer grotendeels onafhanklik van die rasionele denke en weerhou ons van die kwade in ooreenstemming met wat in ons kinderdae ons ingeprent is.
Ek stem nie met Eysenck saam dat misdaad deur 'n individu altyd op 'n rasionele basis regverdig kan word nie. Meeste mense kan tog seker insien dat die samelewing in duie sal stort (tot almal se nadeel) as misdaad oogluikend toegelaat word. Daar is dus nie 'n konflik tussen die rasionele deel van die brein se gevolgtrekkings en die van die deel wat spesialiseer in kondisionering nie. Daar is dus selfs op rasionele vlak aansporing om misdaad te vermy.
Die feit dat straf moontlik (al is dit dan nie so 'n sterk moontlikheid nie) mag volg op die pleging van 'n misdaad, is ook 'n relevante faktor vir die misdadiger by die rasionele beoordeling deur hom van die aanloklikheid van die misdaad. Indien die moontlike straf verhoog word, word die risko vir onaangename gevolge vir die misdadiger groter. Dit is net 'n imbesiel wat dit nie sal insien op 'n rasionele vlak en in ag neem by die pleging van 'n misdaad nie. Dit is dus onwaarskynlik dat straf of die verswaring daarvan nie 'n rol sal speel by misdaadpleging nie. In soverre as wat bewyse vir hierdie stellings gesoek word, verwys ek weer na die Verwysings hieronder wat toon dat swaarder strawwe wel misdaad laat afneem.
Ek verwys net tersyde na Eysenck se stelling dat na duisende jare die strafregstelsels steeds uiters oneffektief is. Die punt is dat die afskrikkings- en hervormingsaspekte van straf net 'n deeltjie van die totale prent is en nie in die verlede die totale doelwit van die stelsels was nie. Die stelsels kan nie juis beoordeel word aan die hand van hul mislukking ten opsigte van afskrikking en hervorming van die misdadiger nie. Dit was nooit primêre doelwitte nie. Vergelding, wat eintlik maar min met afskrikking te doen het, was 'n veel groter oorweging.
Dit is ook ironies dat die wetgewer lustig minimum vonnisse skep en reken dat beslaglegging op besope motoriste se voertuie sal meehelp om die voorkoms van die gewraakte handelinge te verminder.
Dan praat 'n mens nie eens van die Drakoniese (tog 'n mooi woord waarvoor Helen Suzman so lief was) strawwe wat kan opgelê word vir die oortreding van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998, nie (tot R500 000 vir 'n eerste oortreding en stelselmatig hoër tot R900 000 - ja, ok, dis maksimum boetes).
So word ook tans beoog om die strawwe teen rook in die openbaar swaarder te maak om vryheid verder aan bande te lê. Ek het nie eers lus om uit te wy oor plastieksakmisdade nie.
Die bevolking word genadeloos getreiter met swaar strawwe wat 'n mens moet aanvaar beoog om die "misdade" aan bande te lê.
As dit egter kom by die instelling van die doodstraf vir die mees afskuwelikste dade, dan ewe skielik sien die apologete geen nut daarin om die strawwe swaarder te maak nie.
Dit is egter ook so dat die afskrikwaarde van straf nie die enigste oorweging by vonnis-oplegging is nie. Daar is ook oorwegings soos hervorming van die misdadiger en weerwraak of vergelding (die Bybelse oog- vir- 'n- oog en tand- vir- 'n- tand). Vergelding was vir baie duisende jare (en is steeds) een van die vernaamste oorwegings by misdaadbestraffing (sien De Wet en Swanepoel: Strafreg, Butterworths, 4de Uitgawe, 1985, pp 3, 19, 218) en hierop wil ek nog eendag ook terugkom omdat hierdie skynbaar irrasionele drang my baie interesseer. Die punt is egter dat die afskrikwaarde van straf nie die begin en einde van die storie is nie en die omvang van straf nie alleen aan die afskrikwaarde gemeet behoort te word nie.
Verwysings
Die eerste skakel hieronder is die algemene misdaadblad van die betrokke gerespekteerde webwerf en die ander skakels, meer spesifiek later gemeld, kom almal hieruit.
Freemarket Foundation - Crime
Heavier Sentences Do Deter Crime
Increased Penalties Reduced Crime In Texas
British crime rates rise as courts deal leniently with burglars
Capital punishment saves lives
Support for the death penalty in U.S. academia
The death penalty as a murder deterrent
Een van die opvallende kenmerke van die Suid-Afrikaanse gevangenisbevolking is die groot aantal jeugdiges. In 'n mate weerspieël dit misdadigheid onder hierdie groep. Ek sê "In 'n mate" want 'n groot aantal hiervan (tans sowat 24744 uit 61 051) is verhoorafwagtend en is nog nie skuldig bevind nie. Op die langer duur sal 'n persentasie van hulle egter skuldig bevind word en ook agter tralies beland. Dit is duidelik dat as ons net iets aan jeugmisdaad gedoen kan kry, sal ons probleme al dramaties verminder.
Jeugmisdaad is nie 'n nuwe verskynsel nie, want Midgley verwys reeds in sy 1975-boek daarna (pp 21 en 58). Dit is ook oënskynlik 'n wêreldwye probleem. Ons ly egter erg daaronder omdat ons so 'n groot jong bevolking het.
Het dit hier vererger?
Wel, in 1971/72 het jeugdiges tussen 15 en 25 sowat 27% van die gevangenisbevolking uitgemaak (dit terwyl hulle maar sowat 22% van die totale bevolking uitgemaak het)
Tans vorm hulle sowat 38% van die gevangenisbevolking terwyl hulle steeds sowat 22% van die totale bevolking uitmaak.
Die probleem is dus aansienlik erger as wat dit onder apartheid was.
Dat die situasie ernstig is, word deur beide die gemeenskap en deur die owerhede besef.
Op 'n perverse wyse is daar darem hoop op die lang termyn omdat die huidige popularisering van aborsies die tendense sal temper sonder dat die regering 'n vinger verder hoef te lig. Die statistiekdiens wys ook daarop dat die vrugbaarheid van die bevolking aan die afneem is. Dit behoort ook die jeugkomponent van die bevolking te verminder. Ook Vigs snel ons te hulp omdat die jonger deel van die bevolking sterk daardeur beïnvloed word.
Verwysings
Die berekeninge is my eie en is met behulp van onder andere die volgende webwerwe gedoen:
Statistiekdiens
Dept van Korrektiewe Dienste
2006 Beraamde Statistiek en Vrugbaarheid
Het hulle nie dalk my onderwerp gesteel nie? 
Wat hier na vore kom is die psigiese aspek (in teenstelling met die bloot ekonomiese sy) van misdaad. Miskien die gebrekkige kondisionering waarvan Eysenck praat?
Gister se Burger het ook berig oor die debat maar ek kry nog geen skakel op hul webwerf om na te verwys nie. Hulle beoog om in volgende Saterdag se BY Dr Hurst se bydrae volledig te plaas.
Ek is nog besig om 'n paar gedagtes oor Eysenck se teorie aan mekaar te flans.
Hier is in die tussentyd 'n meer onlangse evalusie van sy werk in die verband - met 'n sterk akademiese inslag... Ek lees nog daaraan....
'n Meer volledige weergawe van Eysenck se teorie kan ook in sy boek Crime and Personality, Paladin, 1977, gevind word.
