July 2007 - Posts
Die regering (en die polisie) boer vooruit op hierdie vrugbare akker.
Die statistieke word ook nie deur die regering se lakeie aan die groot klok gehang nie.
Soos ook die ekonomiese statistiek vir die landbou word dit sorvuldig verswyg.
Enigeen wat hom in 'n boerdery-rigting begewe moet na sy kop laat kyk.
Kortliks, gedurende die 12 maande tot Maart 2007 was daar 2,18 aanvalle per dag met 'n moord elke 5de dag.
"Plaasaanvalle het vanjaar met 25% toegeneem, luidens die jongste misdaadstatistieke wat die polisie bekend gestel het.
In die vorige boekjaar -van Maart 2005 tot Maart 2006 - was daar 636 plaasaanvalle en van Maart 2006 tot Maart 2007 het dit toegeneem tot 794. Die aantal moorde wat in dieselfde tydperk voorgekom het, het bykans dieselfde gebly. Volgens die amptelike statistieke was daar altesaam 86 die afgelope boekjaar - teenoor die vorige jaar se 88 plaasmoorde....
In die huidige boekjaar was daar 16 plaasmoorde en 82 aanvalle in KwaZulu-Natal, 16 moorde en 49 aanvalle in die Vrystaat, 14 moorde en 141 aanvalle in Mpumalanga, 10 moorde en 132 aanvalle in Noordwes, 1 moord en 19 aanvalle in Limpopo, 3 moord en 14 aanvalle in die Oos-Kaap, 3 moorde en 17 aanvalle in die Wes-Kaap en geen moorde en 2 aanvalle in die Noord-Kaap."
[Wes-Kaap Agri, 11 Julie 2007, p1]
'n Mens kan miskien argumenteer dat misdaad hoog is - oral. Daar is dus nie noodwendig regverdiging om NET op misdaad in die landbou te fokus nie.
Hierdie volgende artikel toon egter dat misdaad in die landbou onaanvaarbaar hoog is en spesiale aandag verg (wat nie gegee word nie).
http://www.news24.com/News24/South_Africa/Politics/0,,2-7-12_1967544,00.html
"Farming: 'Most dangerous' job
13/07/2006 22:42 - (SA)
Johannesburg - Rural crime has turned farming into one of the most dangerous professions in the country, the Freedom Front Plus said on Thursday.
'Farmers are the group among which the most murders take place, on average 313 out of each 100 000,' FF Plus spokesperson Pieter Groenewald said in a media statement.
'The likelihood of a victim dying during a farm attack is three times higher than a victim dying during a (cash-in) transit heist.'
Groenewald said the rate of police killings - 153 out of every 100 000 - was much lower than in the case of farmers.
'It can be accepted that since 1991 up to now, approximately 1 600 farmers in nearly 10 000 of farm attacks have already been killed.'
This was based on an average murder figure of 112 a year between 2000 and 2004, Groenewald said.
It was 'extremely disconcerting' that the government was continuing the closure of commandos.
'The government knows that sector policing in rural areas does not work and a vacuum exists in the security of these areas,' Groenewald said.
'It is clear that the government is not disturbed by the farm murders and farm attacks.' "

In die vorige blogpos word dit gestel dat misdaad in die swart kultuur en gemeenskap ten minste ten dele ten doel gehad het om die blanke heerskappy hier te lande, te vernietig.
Daar is Sosiologiese Grondslae om so 'n stelling in die teorie te staaf. Wat ek hier onder aanhaal gaan 'n bietjie wyer omdat dit argumenteer dat misdaad ('n meer eng vorm van 'deviance') sekere gunstige maatskaplike funksies vervul. My belangstelling in die aanhaling is egter hoofsaaklik die samehorigheidsgevoel en die vergemakliking van sosiale manipulasie wat deur misdaad aangehelp word.
"Social Functions of Deviance
Although deviance is seldom thought desirable, sometimes it actually helps the social system to function and change in desired directions.
(1) Deviance can help to clarify and define social norms. Many social norms are vague until they are broken. The group reaction on that occasion then defines the norm. Students sharing a kitchen, for example, might have a rule stating that the sink, stove, and refrigerator are to be kept clean. But since cleanliness is a vague term, the students do not know exactly what is expected of them. If one of them leaves tomato sauce stains on the stove and no one notices, while another student leaves dirty dishes all over the kitchen and everybody complains, the users of the kitchen will then understand the norm of cleanliness."
[Op hierdie basis is dit miskien argumenteerbaar dat 'n primitiewe norme-stelsel soos gevind in swart kultuur 'n ruk neem om op hierdie tref- en- trap manier daardie norme wat 'n meer komplekse samelewing aan die gang hou, te identifiseer en deel van daardie kultuur te maak.]
"(2) Deviance can increase group solidarity. According to George Herbert Mead (1964) 'The attitude of hostility towards the lawbreaker has the unique advantage of uniting all members of the community in the emotional solidarity of aggression'. Group members find that they share a common attitude towards the deviant, and in many cases, they must take some common action to control or suppress the deviance.
Sometimes the group unites on behalf of the deviant, and this too, increases group solidarity. The group may want to protect one of its members from the effects of deviance, or help the deviant conform. Because members feel that keeping the group intact is worth trouble and effort, both these actions assert group values.
(3) Deviance can bring about needed changes in the social system. Social change through deviance is the hope of nonconfrming deviants. Sometimes, owing to the deviant actions of some members, the rest of the group realizes that a rule is undesirable or that it contradicts other, more important rules. The rule is then changed. In the civil disobedience campaign begun by Martin Luther King, Jr, for example, the rule-breaking of large numbers of black Americans called the nation's attention to the unfairness of existing laws requiring or permitting segregation. The civil rights movement ultimately brought about a change in these laws.
(4) Deviance makes conformity seem more desirable. This result occurs only when the deviant is unsuccessful and is punished. When everyone conforms, conformity is not considered a special virtue. But when a deviant is punished, all those who did not deviate are rewarded by not receiving punishment and by the feeling of having done 'the right thing'. The conformists' desire to adhere to the rule is strengthened."
[Popenoe, pp219-221]
'n Mens kan insien hoe misdaad kan meehelp om 'n eenheidsgevoel te vestig en sekere sosiale oogmerke te bereik. Dit verklaar egter nie bevredigend misdaad in die swart groep self nie (statisties 'n groot probleem). Waarom sal 'n reaksie teen wit oorheersing meebring dat swartes misdade teen mekaar pleeg? Dit kan seker verklaar word (soos Retief doen) in die ineenstorting van sosiale strukture en norme. Dit sal ook onthou word dat ek argumenteer dat die swart kultuur se wese onversoenbaar met westerse denke is en voorlopers van die geweld en misdaad bevat, wat ons treiter. Daar mag ook intern 'n magstryd heers om die betrokke swart groep te oorheers en te mobiliseer (teen wit oorheersing nie). So 'n magstryd mag uiting vind in misdaad. 'n Mens kan seker ook 'n verklaring in skynbare doellose anargie vind om die blanke strukture en norme uit te wis.
Soos reeds vantevore geargumenteer, of dit nou per ongeluk of doelbewus was: Afrika se grootskaalse wanorde het in 'n groot mate daarin geslaag om westerlinge uit Afrika te verjaag. Algehele anargie werk skynbaar net so goed soos direkte aanvalle op die "vyandelike" elemente en kultuur.
Dit is so 'n smartlike verhaal van swart lyding wat Retief daar vertel dat 'n mens nie anders as met 'n skuldgevoel (en 'n knop in jou keel) die naaste swarte 'n fooitjie in die hand wil stop nie.
Soos hy dit vertel is die swartes se kultuur deur westerse kontak verwoes en daarmee saam hul sosialisering en gemeenskapkontroles wat wetsgehoorsaamheid afdwing. Dit laat natuurlik misdaad die hoogte inskiet.
Daar is aspekte wat Retief op die oog af nie so volledig behandel nie. So is een byvoorbeeld die feit dat die stedelike swart bevolking vir 'n lang tyd hoofsaaklik manlik was. Dit het die normale funksionering van 'n huisgesin bykans onmoontlik gemaak. Hy noem dit egter in voetnota 7 (ek het nie die voetnotas bygevoeg by die blogweergawes nie). Wat hy ook in 'n voetnota noem is dat die gesagstrukture nie bloot op respek berus het nie, maar vrees (voetnota 4). Dit alles werk natuurlik misdaad in die hand.
'n Ander aspek wat Retief nie so duidelik na vore bring nie, is dat so baie van die kultuurgoed van die swarte totaal teenstrydig met huidige westerse gewoontes is. So kan 'n mens die godsdiens (voorvadergeeste), huwelik (veelwywery) , gemeenskaplike grondbesit, die onderwerping aan 'n outokratiese regeringstelsel, die onderwerping van die individu aan die eise van die gemeenskap, tradisionele genesers, barbaarse inisiasie-rituele, kinderarbeid, en bygelowe, noem. Na my mening is die aanvaarding van westerse gebruike in baie gevalle kosmeties van aard (soos preparate om velkleur ligter te maak en hare reguit). Ook die "aanvaarding" van Christenskap is in baie gevalle bloot 'n byvoegsel tot die oorspronklike gelowe (dit noem Retief baie spesifiek).
Hierdie kulturele konflik veroorsaak dat sekere grondliggende aspekte van westerse kultuur, soos kapitalisme, uiters moeilik binne die tradisionele raamwerk geakkommodeer kan word.
Wat 'n mens moet toegee is dat dat die meganismes wat kultuur-oordrag moontlik maak (soos ouerlike toesig en onderrig) en die sosiale kontroles (die beheer van die opperhoof en die tradisionele howe) baie verwater het.
Dit is egter interessant dat hierdie sogenaamde verwatering net in sekere opsigte geld en dat daar steeds 'n hardnekkige vasklewing aan grondliggende gewoontes is (soos bv gemeenskaplike grondbesit soos reeds gemeld).
'n Mens wonder of die ondermyning van die swart kultuur deur westerse oortuigings in werklikheid so 'n voldwonge feit was of is. Swart Afrika het tog daarin geslaag om die westerlinge uit Afrika te verdryf en om voort te leef in 'n sosiale bestel waar die oorspronklike norme weer sterker en sterker na vore kom. Westerse gebruike en norme is in tru-rat. Is 'n kultuur wat so iets kon vermag werklik bejammerenswaardig? Dobber daar nie 'n slinksheid en 'n geslepenheid en 'n meedoënlose krag sonder weerga onder die oppervlakte nie?
Insiggewend in hierdie verband is 'n paar opmerkings wat Giliomee in sy boek The Afrikaners (Tafelberg & Virginia) 2003, p69, maak.
"The points on which the burghers felt superior - the Christian religion, monogamous marriage, dress and artifacts of Western civilization - had little meaning for the Xhosa. Still, the burghers considered themselves superior....
The Xhosa attempted to enmesh the burghers in their networks and eventually integrate them into their society along the pattern of the Xhosa absorption of Khoikhoi clans. Trading, begging, and military alliances all formed part of the Xhosa initial interaction with another society, followed by marriage and other forms of social incorporation. All hinged on outsiders accepting African leadership and on payment of tribute to a chief, according to Xhosa custom..."
Hierdie beskrywing is nie van 'n hulpelose kultuur nie. Om die waarheid te sê, 'n mens kan daarin parallelle vind omtrent wat vandag die situasie in Suid-Afrika is.
As die swart kultuur dus nie so totaal vernietig is as wat somtyds voorgegee word nie, hoe verklaar 'n mens dan die swart misdadigheid? Retief se uitgangspunt is tog dat misdaad aangeblaas word deur die afwesigheid van 'n effektiewe swart kultuur.
Ten dele word die antwoord waarskynlik gevind in 'n kultuur wat oorlewings-aanvalle loods op 'n vreemde kultuur. Misdadigheid is die slagveld waarop die westerse kultuur vernietig word. 'n Mens vind spore van hierdie gedagterigting ook in Retief se werk. Hy meld byvoorbeeld dat die swartes nie aanklank vind by die (blanke) wette wat hulle nie gemaak het nie. Aanvalle (waarby 'n groot groep misdade inbegrepe is wat diefstal insluit) op die indringers (blankes) word waarskynlik eerder as heldedade as misdaad beskou. Dan is daar waarskynlik aanvalle wat niks anders as openlik oorlog is nie.
Hierdie gedagterigting sluimer waarskynlik ook in Retief se agterkop waar hy sê:
"It must also be remembered that what sometimes appears to be a disintegration of traditional groups and structures may not be in reality so. An apparent loss of function may often be a strengthening of such functions in a different guise." (p54)
Daar is ook sekere inherente aspekte van swart kultuur wat misdadigheid aanmoedig. 'n Mens kan byvoorbeeld kennis neem van die rol wat die militêre magte in die tradisionele opset gespeel het. Die kondisionering van seuns om 'n kultuur van oorlogsgeweld en militarisme as gewoon te aanvaar is een aspek hiervan. Die Hitler-jeug van Duitsland kom miskien die naaste hieraan in moderne westerse terme. Dit blyk ook dat die sosialiserings-aspek van seuns verwaarloos is en dat hulle op jeugdige ouderdom grootliks aan hulself oorgelaat is en in troppe gedwaal het. Die inisiasie-skole het eers op 'n latere ouderdom hul gewoond gemaak aan dissipline en ander sosiale deugde. Gegewe die outoritêre strukture was selfbeheersing afgeskeep omdat dit nie meer deeglik op daardie laat ouderdom ingedril kon word as deel van die persoonlikheid nie. By die geringste verslapping van die mag van die opperhoof sou hulle nie in staat wees om hulself te beheers tot die selfde mate as wat westerlinge dit kan doen nie. Die sosiale beheermeganisme was hoofsaaklik ekstern tot die persoonlikheid. Na my mening kan 'n groot deel van die geweld onder swartes self in terme hiervan verklaar word.
'n Blik op die swart strafreg verskaf ook 'n perspektief. So blyk dit dat misdade begaan teenoor individue beskou was as misdade teenoor die opperhoof en die was dan geregtig om die misdaad te straf. Onmiddelik kom die gedagte op dat indien die slagoffer van 'n ander stam was (of 'n blanke was) dit waarskynlik nie beskou sou word as 'n misdryf teenoor die dader se eie opperhoof nie. 'n Groot ruimte bestaan dus vir misdrywe wat nie juis as sulks beskou sou word in 'n betrokke swart gemeenskap nie. Hierdie situasie word bykans onhoudbaar waar 'n betrokke stam met 'n groot aantal persone in kontak sou wees (soos in 'n moderne ekonomie) wat nie eie stamlede is nie.
Daar is 'n verdere eienaardigheid omtrent swart strafreg en dit is dat die groep aanspreeklik gehou word vir die dade vir die individu. Dit maak dit waarskynlik maklik om die blankes as 'n groep te teiken vir gewaande (of werklike) onregte wat sekere blankes aan die swartes sou aangedoen het.
In die geheel gesien, al sou blankes nie Afrika verower het met die gepaardgaande onderwerping van swart groepe nie, sou die swart kultuur nie in staat gewees het om kapitalisme en die moderne stedelike gemeenskapslewe te hanteer nie. Misdaad (of ten minste geweldadige misdaad) sou steeds 'n groot probleem gewees het.
Die swart kultuur is by uitstek ontwikkel in arm, sosialistiese samelewings wat oorheers word deur sterk individue wat in staat is om deur vrees, wet en orde af te dwing. Dit het nie die inherente krag om kapitalisme en stedelike samelewings te laat gedy nie. Dit bied egter uitstekend weerstand teen meer gesofistikeerde, welvarende samelewings (wat gebou is op orde en demokrasie, privaatbesit, individualisme en persoonlike selfdissipline) en vernietig hierdie tipe samelewings juis deur die primitiewe destruktiewe aard van die oeroue eie sosiale norme en instellings.