Die treurige verhaal van Swart Kultuur

Posted Sunday, July 01, 2007 9:07 AM by omf


Dit is so 'n smartlike verhaal van swart lyding wat Retief daar vertel dat 'n mens nie anders as met 'n skuldgevoel (en 'n knop in jou keel) die naaste swarte 'n fooitjie in die hand wil stop nie.

Soos hy dit vertel is die swartes se kultuur deur westerse  kontak verwoes en daarmee saam hul sosialisering en gemeenskapkontroles wat  wetsgehoorsaamheid afdwing. Dit laat natuurlik misdaad die hoogte inskiet.

Daar is aspekte wat Retief op die oog af nie so volledig behandel nie. So is een byvoorbeeld die feit dat die stedelike swart bevolking vir 'n lang tyd hoofsaaklik manlik was. Dit het die normale  funksionering  van 'n huisgesin bykans onmoontlik gemaak. Hy noem dit egter in  voetnota 7  (ek het nie die voetnotas bygevoeg by die blogweergawes nie).  Wat hy ook in 'n voetnota noem is dat die gesagstrukture nie bloot op respek berus het nie, maar vrees (voetnota 4). Dit alles werk natuurlik misdaad in die hand.

'n Ander aspek wat Retief nie so duidelik na vore bring nie, is dat so baie van die kultuurgoed van die swarte totaal teenstrydig met huidige westerse gewoontes is. So kan 'n mens die godsdiens (voorvadergeeste), huwelik (veelwywery) , gemeenskaplike grondbesit, die onderwerping aan 'n outokratiese regeringstelsel, die onderwerping van die individu aan die eise van die gemeenskap, tradisionele genesers,  barbaarse inisiasie-rituele, kinderarbeid,  en  bygelowe, noem. Na my mening is die aanvaarding van westerse gebruike in baie gevalle kosmeties van aard (soos preparate om velkleur ligter te maak en hare reguit). Ook die "aanvaarding" van Christenskap is in baie gevalle bloot 'n byvoegsel tot die oorspronklike gelowe (dit noem Retief baie spesifiek). 

Hierdie kulturele konflik veroorsaak dat sekere grondliggende aspekte van westerse kultuur, soos kapitalisme, uiters moeilik binne die tradisionele raamwerk geakkommodeer kan word.

Wat 'n mens moet toegee is dat dat die meganismes wat kultuur-oordrag moontlik maak (soos ouerlike toesig en onderrig) en die sosiale kontroles (die beheer van die opperhoof en die tradisionele howe) baie verwater het.

Dit is egter interessant dat hierdie sogenaamde verwatering net in sekere opsigte geld en dat daar steeds 'n hardnekkige vasklewing aan grondliggende gewoontes is (soos bv gemeenskaplike grondbesit soos reeds gemeld).

'n Mens wonder of die ondermyning van die swart kultuur deur westerse oortuigings in werklikheid so 'n voldwonge feit was of is. Swart Afrika het tog daarin geslaag  om die westerlinge uit Afrika te verdryf en om voort te leef in 'n sosiale bestel waar die oorspronklike norme weer sterker en sterker  na vore kom. Westerse gebruike en norme is in tru-rat. Is 'n kultuur wat so iets kon vermag werklik bejammerenswaardig? Dobber daar nie 'n slinksheid en 'n geslepenheid en 'n meedoënlose krag sonder weerga onder die oppervlakte nie?

Insiggewend in hierdie verband is 'n paar opmerkings wat Giliomee  in sy boek The Afrikaners (Tafelberg & Virginia) 2003, p69, maak.

"The points on which the burghers felt superior - the Christian religion, monogamous marriage, dress and artifacts of Western civilization - had little meaning for the Xhosa. Still, the burghers considered themselves superior....

The Xhosa attempted to enmesh the burghers in their networks and eventually integrate them into their society along the pattern of the Xhosa absorption of Khoikhoi clans. Trading, begging, and military alliances all formed part of the Xhosa initial interaction with another society, followed by marriage and other forms of social incorporation. All hinged on outsiders accepting African leadership and on payment of tribute to a chief, according to Xhosa custom..."


Hierdie beskrywing is nie van 'n hulpelose kultuur nie. Om die waarheid te sê, 'n mens kan daarin parallelle  vind omtrent wat vandag die situasie in Suid-Afrika is.

As die swart kultuur dus nie so totaal vernietig is as wat  somtyds voorgegee word nie, hoe verklaar 'n mens dan die swart misdadigheid? Retief se uitgangspunt is tog dat misdaad aangeblaas word deur die afwesigheid van 'n effektiewe swart kultuur.

Ten dele word die antwoord waarskynlik gevind in 'n kultuur wat oorlewings-aanvalle loods op 'n vreemde kultuur. Misdadigheid is die slagveld waarop die westerse kultuur vernietig word. 'n Mens vind spore van hierdie gedagterigting ook in Retief se werk. Hy meld byvoorbeeld dat die swartes nie aanklank vind by die (blanke) wette wat hulle nie gemaak het nie. Aanvalle (waarby 'n groot groep misdade  inbegrepe is wat diefstal insluit) op die indringers (blankes) word waarskynlik eerder as heldedade as misdaad beskou. Dan is daar waarskynlik aanvalle wat niks anders as openlik oorlog is nie.

Hierdie gedagterigting sluimer waarskynlik ook in Retief se agterkop waar hy sê:

"It must also be remembered that what sometimes appears to be a disintegration of traditional groups and structures may not be in reality so. An apparent loss of function may often be a strengthening  of such functions in a different guise." (p54)

Daar is ook sekere inherente aspekte van swart kultuur wat misdadigheid aanmoedig. 'n Mens kan byvoorbeeld kennis neem van die rol wat die militêre magte in die tradisionele opset gespeel het. Die kondisionering van seuns om 'n kultuur van oorlogsgeweld en militarisme as gewoon te aanvaar is een aspek hiervan. Die Hitler-jeug van Duitsland kom miskien die naaste hieraan in moderne westerse terme. Dit blyk ook dat die sosialiserings-aspek van seuns verwaarloos is en dat hulle op jeugdige ouderdom grootliks aan hulself oorgelaat is en in troppe gedwaal het. Die inisiasie-skole het eers op 'n latere ouderdom hul gewoond gemaak aan dissipline en ander sosiale deugde. Gegewe die outoritêre strukture was selfbeheersing afgeskeep omdat dit nie meer deeglik op daardie laat ouderdom ingedril kon word as deel van die persoonlikheid  nie. By die geringste verslapping van die mag van die opperhoof sou hulle nie in staat wees om hulself te beheers tot die selfde mate as wat westerlinge dit kan doen nie. Die sosiale beheermeganisme was hoofsaaklik ekstern tot die persoonlikheid.  Na my mening kan 'n groot  deel van die geweld onder swartes self in terme hiervan verklaar word.

'n Blik op die swart strafreg verskaf ook 'n perspektief.  So blyk dit dat misdade begaan teenoor individue beskou was as  misdade teenoor die opperhoof en die was dan geregtig om die misdaad te straf. Onmiddelik kom die gedagte op dat indien die slagoffer van 'n ander stam was (of 'n blanke was) dit waarskynlik nie beskou sou word as 'n misdryf teenoor die dader se eie opperhoof nie. 'n Groot ruimte bestaan dus vir misdrywe wat nie juis as sulks beskou sou word  in 'n betrokke swart gemeenskap nie. Hierdie situasie word bykans onhoudbaar waar 'n betrokke stam met 'n groot aantal persone in kontak sou wees (soos in 'n moderne ekonomie) wat nie eie stamlede is nie.

Daar is 'n verdere eienaardigheid omtrent swart strafreg en dit is dat die groep aanspreeklik gehou word vir die dade vir die individu. Dit maak dit waarskynlik maklik om die blankes as 'n groep te teiken vir gewaande (of werklike) onregte wat sekere blankes   aan die swartes sou aangedoen het.

In die geheel gesien, al sou blankes nie Afrika verower het met die gepaardgaande onderwerping van swart groepe nie, sou die swart kultuur nie in staat gewees het om kapitalisme en die moderne stedelike gemeenskapslewe te hanteer nie. Misdaad (of ten minste geweldadige misdaad) sou steeds 'n groot probleem gewees het.

Die swart kultuur is by uitstek ontwikkel in arm, sosialistiese samelewings wat oorheers word deur sterk individue wat in staat is om deur vrees, wet en orde af te dwing. Dit het nie die inherente krag om kapitalisme en stedelike samelewings te laat gedy nie. Dit bied egter uitstekend weerstand teen meer gesofistikeerde, welvarende  samelewings (wat gebou is op orde en demokrasie, privaatbesit, individualisme en persoonlike selfdissipline)  en vernietig hierdie tipe samelewings juis deur die primitiewe destruktiewe aard van die oeroue eie sosiale norme en instellings.

Comments

# Armoede veroorsaak Misdaad - só glo Suid-Afrikaners

Monday, October 06, 2008 2:32 PM by Misdaad vir Beginners

Die berig wat ek hier onder aanhaal bevorder nie juis die debat oor die verband tussen armoede en misdaad