September 2007 - Posts


 

Ek keer nou terug na 'n onderwerp wat vroeër in hierdie blog aangeraak is: Naamlik, wat die oorsaak van misdaad is.

Dit sal onthou word dat ek verwys het na Eysenck en Merton se teorieë. Volgens Eysenck word misdaad veroorsaak deur die gebrekkige opvoeding van mense (ons weerbaarheid teen die versoekings van die lewe is gevolglik te laag). Merton weer sê dat die samelewing versoekings skep wat die mens tot misdaad dryf. My voorstel was dat 'n mens die twee teorieë kan verenig. Dit blyk tog voor die hand liggend te wees dat beide weerbaarheid en die omvang van die versoeking 'n rol speel. Ek moet ook tog net maan dat die weergawes wat ek hier gee van die twee teorieë uiters vereenvoudig is. Ek dink tog dit gee 'n algemene idee van die denkrigtings agter hierdie misdaadverklarings.

Om die lewe egter net nog 'n bietjie moeiliker te maak is daar nog teorieë wat poog om misdaad te verklaar. Een so 'n teorie is die van Edwin Sutherland wat dan sê dat misdaad aangeleer word. Iemand wat bv in 'n misdadige omgewing woon is meer geneig om by misdaad betrokke te raak.

"The idea that deviance, like conformity, is learned grew out of research ...on certain Chicago neighbourhoods with high crime rates.  A ...high crime rate persisted in these neighbourhoods for over twenty years, even though several different ethnic groups passed through the neighbourhood during that time. If ethnicity was not associated with a high crime rate, what factors were important? The ...researchers concluded that the recent arrivals learned deviant behaviour from people already living in the area, primarily from play groups and teenage gangs....

Beginning in 1931, Sutherland began to develop a theory called differential association.

Everybody is exposed to conforming and deviant behaviours, he argued. These influences compete in the mind of the individual, and the stronger wins out. If socialization to deviance is stronger than socialization to conformity, the person will act in deviant ways. Sutherland identified several factors that work to tip the balance in one direction or the other. The greater the intensity of the relationship with the person or persons teaching deviant behaviour, the greater the number, frequency, and duration of contacts, and the younger the age of contact, the greater the chances of becoming deviant."
[Popenoe, p224]

Daar is gemeenskappe in Indië waar misdaad oor geslagte heen 'n lewenswyse is.

Dit blyk egter uit materiaal op die internet dat hierdie misdadige gemeenskappe nou dikwels voorgehou word as bloot vryheidsvegters.

'n Studie is ook in Kampala, Uganda, gedoen wat ek nie op die internet toegang tot kan  kry nie. 'n Gevolgtrekking daarvan was dat "Studies have shown that in developing countries, youth and adult groups perpetuate  and transmit criminal norms."

 Miskien sou hierdie skakel na meer inligting in hierdie verband lei.

Sutherland se teorie kan onder andere gekritiseer word omdat dit nie verklaar hoe die eerste persoon wat hom aan misdaad skuldig maak daartoe gedryf word nie.  Ander persone verval hiervolgens in misdaad omdat hulle van die eerste persoon leer, maar  sy oorspronklike afwyking word nie verklaar nie.

Indien misdaad egter wel aangeleer word, is dit 'n nuttige, bruikbare insig selfs indien dit nie die oorsprong verklaar nie.

Sutherland se teorie verklaar ook nie misdaad wat in die hitte van die oomblik gepleeg word nie soos wanneer die man sy vrou se minnaar in 'n oomblik van ontdekking en  woede doodskiet nie.