in

Vriende.Com

Jou Wêreldwye Afrikaanse Kuierplek

Vriende.Com Blog

Die offisiële Vriende.Com blog.

Vriende.Com Blogs - Binnekort by 'n teater naby JOU!

Hierdie is die proverbiale "breek die sjampanje bottel teen die skip" blog pos....

Ek het onlangs die blog funksionaliteit van die Community Server pakket op 'n proeflopie gevat en maggies, ek is beindruk. Binnekort gaan ek die blog funksie beskikbaar maak aan alle Vriende.Com lede wat 'n blog soek.

Ek sorteer net gou die laaste kinkels uit. Intussen, laat weet my wat julle dink. 

Published Jan 25 2007, 11:10 AM by eBoer
Filed under: , ,

Comments

 

Llif said:

Baie interessante stokperdjie wat jy het.

Kan jy vir ons 'n paar van jou perdjies hier plaas om te sien?

DWS., as jy nie besig is met stokkiesdraai.

Ek sal jou bietjie help sodat jy nog meer slim word.

uitgefigure - spelling verkeerd

uitgefigger is reg.

Moenie net Frons nie, sit jou vuis onder jou ken ook... diep dinkers doen dit en dan lyk hulle nog slimmer. Moenie vertgeet nie... een keer regte vuis teen regte ken en dan linker vuis teen linker ken, anders trek jou gesig heel skeef, nes myne, as jy oor 'n langer tydperk net die een kant gebruik.

January 26, 2007 4:36 AM
 

eBoer said:

Goeie raad - maar watter kant is die linkerkant nou weer? :)

January 26, 2007 8:16 AM
 

omf said:

Ek is baie beïndruk eBoer.

Is dit nie 'n first sover Afrikaanse forums aanbetref nie?

January 27, 2007 2:02 AM
 

Wildekat said:

Wel hallo Eboer,en puik job,jys slimmer as wat jy wil voorgee!!of is dit daai frons wat my die indruk gee?..lol sterkte en keep it up..

January 27, 2007 7:05 PM
 

eBoer said:

Omf: Sover ek weet is dit, maar ek het lanklaas gaan kyk wat nou daar buite is in terme van Afrikaanse web sites en wat hulle offer. Ek sal eintlik nogal verbaas wees as daar nie is nie want blogs is nou vreeslik gewild.

Wildekat: Hallo aan jou ook ou girl! Dankie vir die komplimente, ek dink :))

January 28, 2007 12:21 AM
 

Tant Stienie said:

Ek gebruik mamblog op my site.  Werk nogals nice.  Ek sien uit om joune te sien wanneer dit reg is.

August 26, 2007 3:49 PM

About eBoer

Ek is die admin hier by Vriende.Com. Ek hou van sport - yshokkie veral, maar enige ander sport wat nie vir sissies is nie sal doen. My stokperdjies is om perdjies van stokkies te maak (d'oh!) en ek geniet dit baie. Ek is ietwat dom. Gelukkig kan ek my domgeid verdoesel deur baie te frons en ernstig te lyk, en groot woorde soos "verdoesel" te gebruik.
Kopiereg © 2007 - Vriende.Com
Powered by Community Server (Non-Commercial Edition), by Telligent Systems