Net ter verdere inligting ...
1. Die epos word deur Google namens Vriende.Com bedryf. Niemand by Vriende (insluitende die eienaars en admin van Vriende.Com) het enige toegang tot jou epos nie - behalwe natuurlik om die epos adres te skep, en te verwyder.
2. Indien jy die epos adres gebruik om kwaad mee te stook, spam te stuur, of vir enige onwettige doeleindes (soos om kinder pornografie te ontvang of te stuur, vir epos scams, ens.) sal jou epos onmiddelik verwyder word, en jou inligting sal aan die nodige owerhede deurgegee word.
3. Die eerste keer wat jy inteken in jou nuwe epos adres, sal dit via 'n tydelike wagwoord wees. Jy behoort dan gevra te word om die wagwoord te verander. Gebruik asseblief 'n wagwoord wat redelik moeilik is om te raai. Byvoorbeeld, wagwoorde soos "password" en "pass" is baie slegte keuses. Iets met letters en syfers in is die beste, soos "pietie567xyz".
4. Jy kan jou epos via jou web browser lees en stuur, maar jy kan dit ook doen via jou gewone epos program (soos Microsoft Outlook). Loer in jou "Settings" na jy ingeteken het vir stap-vir-stap instruksies hoe om dit te doen.
As daar enige ander vrae is, laat weet gerus!