Ek het so pas die sagteware wat Vriende.Com bedryf opgegradeer na die nuutste weergawe, hoofsaaklik sodat ek die epos kan verander om deur 'n ander verskaffer te werk. Die nuwe weergawe het heelwat veranderinge en ek sal so deur die dag en more die ou funksies (Lede Kaart, Koerant, Klets Kamer, ens.) aanpas sodat dit onder die nuwe weergawe kan werk.
Intussen, laat weet my wat julle dink van die nuwe "look", of as julle iets opmerk wat nie meer werk nie.
Thanks!