Dankie Eva, dit is heelwat vinniger van hier af ook. Ek hoop net dit hou so aan. Die vorige web host het ook goed begin so hou maar duim vas. Die nuwe web host is egter heelwat meer ervare en is al baie langer in die besigheid.
Enige PB's wat die laaste 24 uur gepos was sal ook weg wees. Dit is agv die timing tussen die tyd wanneer die databasis backup gemaak was, en wanneer die data op die nuwe web hist opgelaai was. Die hele proses het so 18 uur gevat. In daardie tyd sou enige PB's of poste wat nog na die ou site toe gegaan het, nie oorgedra gewees het.