Ek het vandag 'n nuwe "Lede Kaart" funksie bygevoeg wat soortgelyk is aan die "Lede Atlas" funksie op die vorige Vriende.Com. Die een het egter heelwat meer detail.
Lede word aangemoedig om hulself op die kaart te gaan byvoeg. Dit is lekker om te sien waar almal bly.
Ek sal ook graag wil weet wat julle van die nuwe funksie dink oor die algemeen, en of dit maklik genoeg is om te gebruik/verstaan, en hoe dit miskien verbeter kan word.