Weet nie of julle opgemerk het nie maar die funksie wat voorheen vir jou gewys het hoeveel PB's jy in jou "Inbox" het, werk nie meer na die opgradering nie. Met ander woords, voorheen sou julle iets gesien het soos Inbox (2) as daar PB's was. Ek sal bietjie daarna kyk maar intussen kliek asb. op die Inbox skakel bo-aan die bladsy elke nou en dan om te sien of jy 'n PB het. Onthou jy kan ook in jou profiel spesifiseer of die stelsel vir jou 'n epos notifikasie moet stuur as daar 'n PB is.